Dag 1:
Hier is ons oppad hospitaal toe - Robinson Life Privaat in Randfontein 05:00
Hier lê ek in my kamer, hulle het die drip ingesit en die kateter...dit was baie erg. Hier het hulle die hart monitor weer opgesit om na poppie se hartjie te luister.
Net voor ek in die teater ingaan, met my "skrop-kappie" aan.
Hulle het my gestoot tot in 'n wagkamer net voor die teater en daar moes ons wag vir ongeveer 15 minute wat gevoel het soos 'n uur. My senuwees was klaar.
Pappabeer in sy teater-pakkie...
Reg vir aksie...
Poppie se broeikassie - klaar reg...
Ek is uiteindelik in die teater ingeneem en toe begin dit...
Hier vat Sister Davida McBeth vir poppie en maak haar neusie en mondjie skoon.
Trotse Pappabeer ontmoet bababeertjie.
Poppie was 09:50 gebore en het 3.030kg geweeg...
In die broeikas
Hier sien mammabeer haar vir die eerste keer. Ek het eers ongeveer 11:00 wakker geword
Ouma Francisca
Leon het my so mooi bygestaan deur alles - ek is so dankbaar vir die pragtige man van my
Poppie is silwer skoon en mammabeer is uiteindelik heeltemal wakker
Ouma René
Dankie Vader vir die mooi ou poppie, gesond en pragtig!
Ons eerste gesinsfoto...
Oupa Leon en Ouma Delene
Dag 2:
Pappabeer is toe nou 'n professionele "doekomruiler" want hy het mos mooi geoefen voor die tyd
As poppie eers klaar gevoed is, dan raak sy lam...mens kan doen wat jy wil, sy steur haarself aan niks nie. Die verpleegsters het haar met koue, nat waslappe kom afvee sodat sy kan wakker word want sy drink nie lank genoeg nie, maar dit het haar gladnie gepla nie, sy trek net haar gesig, maar dit is dit...
Pappabeer sorg vir die winde
Dag 3:
Badtyd
Mens kan nie so perfek wees nie, êrens moet daar 'n ou foutjie wees ;)
Sy is vreeslik klein en maer, daat is net velle en frimmels op daardie beentjies
Pappabeer in aksie
Weer lam...
Dag 4:
Ons is meer as gereed om huistoe te gaan...
Ons ginekoloog, Dr Venter wat vir poppie uitgehaal het
Dr Neels Venter en Tannie Sue, sy vrou, sy is ook die ontvangsdame by sy praktyk.
Oppad huistoe
No comments:
Post a Comment