Ons was vandag vir ons heel eerste ginekoloog afspraak by Dr Neels Venter. Hy is stok - stok oud. Toe ons daar aankom toe sê hy vir my: "Nooi, trek uit jou klere dan sien jy daar hang 'n gown'tjie en dan gaan wag jy vir my daar op die katel." Baie oulike dokter.
Hier is nou die eerste foto's van Spikkies.
Ek hou die heel meeste van die enetjie. Mens kan nie dink, op net 12 wekies is hierdie klein babatjie 'n volmaakte mensie nie. Kyk nie die klein handjie met al 5 vingertjies en al. Dit is so 'n groot wonderwerk. Ons besef nie allerdaags hoe bevoorreg ons is om so 'n geskenk van God te ontvang nie.
Dankie Hemelse Vader vir hierdie klein geskenkie!
Ewe die duimpie in die mond...
Die ou pensie met die handjies voor die gesiggie...
Gesiggie en lyfie van voor...
Linker armpie en gesiggie van die kant...
Spikkies se hartkloppie.
No comments:
Post a Comment